Ezekiel 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy jou goed bedags voor hulle oë uitbring soos iets om weg te neem; en jy moet in die aand uittrek voor hulle oë soos die wat in ballingskap uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Bring vandag nog alles uit wat jy in ballingskap sou saamneem. Terwyl hulle vir jou kyk, gaan teen die aand se kant uit jou huis uit asof jy in ballingskap vertrek.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.
Afrikaans 1983 Jy moet die goed wat jy in ballingskap sou wou saamvat, vandag uitbring waar hulle dit sien, en vanaand terwyl hulle jou sien, moet jy vertrek asof jy in ballingskap weggaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet jou bagasie, soos die bagasie vir 'n ballingskap, in die dag voor hulle oë uitdra, maar jy self moet, terwyl hulle toekyk, teen die aand uitgaan soos mense maak wat in ballingskap gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet in die dag sien dat jy die goed uitbring. En jy, jy moet in die aand uitgaan. Hulle moet sien dat jy uitgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bring dan jou bagasie buitetoe gedurende die dag terwyl jou mense sien wat jy doen. En dan, terwyl jy almal se aandag het, gaan teen die aand uit jou huis uit, net soos gevangenes doen wat die lang reis na ’n vreemde land aanpak.