Ezekiel 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, mensekind, maak vir jou goed gereed om weg te neem, en verwyder dit bedags voor hulle oë; en jy moet van jou plek af wegtrek na 'n ander plek voor hulle oë;
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee nou vir hulle ’n praktiese uitbeelding van hoe dit sal wees om in ballingskap te gaan. Pak net wat jy op jou rug kan dra en gaan dan uit jou huis uit asof jy op reis vertrek. Doen dit in helder daglig sodat al die mense jou kan sien. Dalk sal hulle nadink oor wat dit beteken, al is hulle so opstandig.
Afrikaans 1933/1953 Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos 'n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na 'n ander plek toe -- miskien sal hulle dit sien, want hulle is 'n wederstrewige huis.
Afrikaans 1983 Jy, mens, moet die goed vat wat jy saam met jou in ballingskap sou wou neem en vandag nog weggaan van waar jy is na 'n ander plek toe asof jy in ballingskap weggaan. Hulle moet jou dit kan sien doen. Miskien sien hulle dit raak, maar hulle is 'n weerbarstige volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy, mensekind, kry jou bagasie gereed vir 'n ballingskap, en gaan oordag, voor hulle oë, in ballingskap. Jy moet voor hulle oë van jou plek na 'n ander plek in ballingskap gaan. Miskien sien hulle in dat hulle die rebelse huis is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, mens, jy moet al die goed gereedmaak wat jy sal wil saamneem wanneer jy in 'n ander land moet gaan woon, en jy moet vandag weggaan van jou huis na 'n ander plek. Almal moet dit kan sien. Miskien sal hulle self sien dat hulle 'n opstandige volk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom moet jy nou vir jou volk demonstreer wat dit beteken om as gevangenes na ’n vreemde land weggevoer te word. Pak net genoeg in ’n rugsak wat jy kan dra. Sluit dan jou huis en vensters dig toe, asof jy op ’n lang reis vertrek. Tref al jou voorbereidings vir die reis helder oordag sodat almal jou kan sien. Miskien sal hulle dan snap wat Ek vir hulle probeer sê. Maar hulle is so opstandig.