Ezekiel 12:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Daar sal geen van my woorde meer verleng word nie, maar die woord wat Ek gespreek het, sal geskied, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Niks van wat Ek gesê het, gaan verder uitgestel word nie. Ek gaan nou alles doen wat Ek gesê het! So sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle: So sê die Here my God: Niks van wat Ek gesê het, sal meer uitgestel word nie. Wat Ek gesê het, sal nou gebeur,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Nie een van my woorde sal meer uitgestel word nie. Wat ek aankondig, sal gebeur.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek sal niks wat Ek gesê het, later laat gebeur nie. Die dinge wat Ek gesê het, sal nóú gebeur.” Dit is wat die Here gesê het, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet jy vir hierdie klomp mense gaan sê dat die Here, die God van Esegiël, sê: Wat Ek gedreig het om met julle te doen, gaan nou gebeur. Daar is geen uitstel vir my straf nie. Ek doen alles nes Ek belowe het dit gaan gebeur. Wat Ek gesê het, gaan gebeur,” sê die Here, die God van Esegiël. |