Ezekiel 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, kyk, hulle uit die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, sal nog baie dae lank wees, en hy profeteer oor die tye wat ver is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, die mense van Israel sê: ‘Wat hy nou sê, gaan nie gou gebeur nie, eers oor ’n lang tyd!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, die Israeliete sê: ‘Dié gesig wat hy sien, gaan oor lang tye, hy kondig dinge aan vir die verre toekoms.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, kyk, die huis van Israel sê, ‘Die visioen wat hy sien, is vir baie dae later, en hy is besig om oor verre tye te profeteer.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, luister, die volk Israel sê: ‘Dit sal 'n lang tyd wees, dan sal die dinge gebeur wat die Here vir die profeet gewys het. Die profeet praat oor dinge wat nie gou sal gebeur nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, die inwoners van Israel sê dat die dinge waaroor jy hulle waarsku dat die Here hulle gaan straf, eers oor ’n lang tyd gaan gebeur. Hulle sê hulle hoef hulle nie nou al te bekommer nie, want die dinge waarmee jy hulle dreig, sal eers êrens in die verre toekoms gebeur. |