Ezekiel 12:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek is die HERE; Ek sal spreek, en die woord wat Ek sal spreek, sal gebeur; dit sal nie meer verleng word nie, want in jou dae, o wederstrewige huis, sal Ek die woord spreek en dit volbring, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want Ek is die Here! Wat Ek sê, gebeur altyd. Dit sal nie verder uitgestel word nie. In julle dag, opstandige volk, sê Ek dit en doen Ek dit, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek, die HERE, Ek sal spreek -- wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek 'n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here, sê wat Ek sê, en dit gebeur en word nie meer uitgestel nie. In julle tyd, weerbarstige volk, sê Ek dit, en Ek sal dit doen,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As Ek, die Here, iets aankondig, sal dit wat Ek aankondig, gebeur. Dit sal nie meer uitgestel word nie, want nog in júlle tyd, rebelse huis, sal Ek iets aankondig en dit uitvoer.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Ek, die Here, sê dat iets sal gebeur, dan sál dit gebeur. Ek sal dit nie later laat gebeur nie. Opstandige volk, Ek sê vir julle nou dat iets sal gebeur, en Ek sal dit doen.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het julle vergeet? Ek is die Here. En wat Ek sê, gaan gebeur. Ek het gedreig dat Ek julle oor julle slegte dade gaan straf, en dit sal gebeur. Dit sal binnekort gebeur, sonder dat iets of iemand dit kan keer. Want julle is ’n klomp mense wat heeltyd teen My in opstand is, Israel. Ek sal julle verwoes en vernietig, nes Ek gedreig het Ek met julle gaan doen. En dit gaan nog in julle almal se leeftyd gebeur,” sê die Here, die God van Esegiël. |