Ezekiel 12:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar sal geen ydele gesig of vleiende waarsêery meer wees binne die huis van Israel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal julle sien wat van al die vals visioene en al die vleiende voorspellings in Israel word, |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daar sal geen bedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal nie meer vertel word van gesigte wat nie daar was nie, en daar sal nie meer gladde waarsêerpraatjies onder Israel wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want daar sal nie meer bedrieglike visioene of vals godsprake in die huis van Israel wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand sal lieg en sê die Here het vir hom iets gewys nie, niemand in die volk Israel sal aanhou sê hy weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie dag sal julle sien wat kom van al die vals beloftes wat party mense gemaak het, en nogal asof hulle dit van My gehoor het, naamlik dat daar in die toekoms vrede en voorspoed in julle land gaan wees. |