Ezekiel 12:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê dan vir hulle: So spreek die HERE HERE; Ek sal hierdie spreekwoord laat ophou, en hulle sal dit nie meer as 'n spreekwoord in Israel gebruik nie; maar sê vir hulle: Die dae is naby en die uitwerking van elke gesig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir die mense die oppermagtige Here sê: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord. Hulle sal ophou om dit in Israel te gebruik. Ek gee ’n nuwe spreekwoord in die plek van die ou een: ‘Die tyd het gekom dat elke profesie waar sal word!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Ek maak 'n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek maak 'n end aan dié spreekwoord. Hulle sal hom nie weer in Israel gebruik nie. Sê vir hulle: Die tyd kom vinnig nader en so ook die vervulling van elke gesig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Ek maak 'n einde aan hierdie spreuk. Hulle sal dit nie meer in Israel as spreuk gebruik nie.” Maar kondig vir hulle aan, “Naby is die dae, en ook die vervulling van elke visioen; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek sal hulle laat ophou om so te praat. Hulle sal dit nie weer sê in die volk Israel nie. Jy moet vir hulle sê die tyd kom nou nader wanneer alles sal gebeur wat die Here vir sy profeet gewys het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wel, gaan sê dan nou vir die mense dat die Here, die God van Esegiël, sê: Ek gaan sorg dat julle nooit weer hierdie spreekwoord gebruik nie omdat alles waar sal word wat die mense wat namens My praat julle oor gewaarsku het. Daar sal ’n nuwe spreekwoord onder julle uitgedink word in die plek van die ou een. Julle sal sê: Die tyd het gekom dat alles waaroor die mans van God ons gewaarsku het, net so gebeur het soos hulle vir ons gesê het. |