Ezekiel 12:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, wat is die spreekwoord wat julle in die land van Israel het, wat sê: Die dae word verleng, en elke gesig vergaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, wat is daardie spreuk wat in die land Israel gebruik word? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en maak van elke profeet ’n leuenaar.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, wat is dit vir 'n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, wat se spreekwoord is dit wat julle oor die land Israel het? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en daar kom niks van al die gesigte nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Mensekind, wat is hierdie spreuk van julle oor die land Israel, ‘Die dae gaan verby, en van elke visioen kom daar niks’? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, wat sê die mense van Israel altyd? Hulle sê: ‘Die Here het dinge vir die profeet gewys, maar die tyd gaan verby en niks gebeur wat die Here vir hom gewys het nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, watter spreekwoord is dit wat Ek hoor wat die mense van Israel deesdae gebruik? Julle sê mos: Die tyd gaan verby. En net mooi niks word waar van al daardie verskriklike dinge wat die mense wat namens die Here praat oor ons aankondig nie. |