Ezekiel 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, jy woon in die middel van 'n wederstrewige huis wat oë het om te sien en nie sien nie; hulle het ore om te hoor en hoor nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, jy lewe tussen opstandelinge wat die waarheid kan sien as hulle wil, maar hulle wil nie. Hulle sou my stem kon hoor as hulle maar net sou luister, maar hulle wil nie luister nie, want hulle is opstandig.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
Afrikaans 1983 “Mens, jy woon tussen 'n weerbarstige volk. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor, maar hulle hoor nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, jy woon midde-in die rebelse huis – hulle wat oë het om te sien, maar hulle sien nie, hulle wat ore het om te hoor, maar hulle hoor nie; want hulle is 'n rebelse huis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy woon tussen 'n opstandige volk. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor, maar hulle hoor nie. Hoekom? Omdat hulle 'n opstandige volk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, jy bly tussen mense wat heeldag en aldag teen My in opstand is. Dit is mense wat oë het om die waarheid self raak te sien, maar hulle weier om te kyk. Hulle het ore om na My te luister, maar hulle weier om te hoor. Hulle is rebelle.