Ezekiel 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal 'n paar manne van hulle laat oorbly van die swaard, van die hongersnood en van die pes; dat hulle al hulle gruwels kan verkondig onder die nasies waarheen hulle kom; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek sal enkeles van hulle red van die oorlog, hongersnood en pessiektes sodat hulle vir die nasies waar hulle gaan bly van hulle afskuwelike dade kan vertel. Dan sal die nasies besef dat Ek die Here is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar Ek sal van hulle 'n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al hulle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en die sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek sal 'n paar van hulle laat oorbly ná die oorlog, die hongersnood en die pes sodat hulle van hulle afskuwelike dade kan vertel waar hulle onder die nasies kom en die nasies sal besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sal 'n klein aantal van hulle laat oorbly ná die swaard, die hongersnood en pessiekte, sodat hulle onder die nasies waarheen hulle gaan, kan vertel van al hulle afstootlike dade. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal 'n paar van hulle nie laat sterf in die oorlog of van honger of pes nie, sodat hulle vir die volke waar hulle kom, kan vertel van alles wat hulle gedoen het wat Ek haat. Hulle sal weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal ’n paar van hulle nie laat doodmaak in die oorlog en hongersnood en deur dodelike siektes nie. Hierdie paar mense wat oorbly, sal dan met groot skaamte vir die vyande wat hulle gevang het, vertel van al die slegte dade wat hulle aangevang het. Daardie dag sal hulle almal weet en erken dat Ek die Here is!” |