Ezekiel 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal na elke wind verstrooi alles wat rondom hom is om hom te help, en al sy bendes; en Ek sal die swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal almal wat hom help, sy diensknegte en wagte, in alle rigtings verstrooi, en hulle met die swaard doodmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans 1983 | Almal by hom wat hom help, al sy soldate wat hom help, sal Ek in al die windrigtings verstrooi en hulle met die swaard agtervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Almal om hom, sy helpers en al sy troepe, sal Ek in al die windrigtings uitstrooi. Met ontblote swaard sal Ek hulle agtervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek sal almal wat by die koning is en wat hom help, na al die kante toe jaag, en ook al sy soldate. Ek sal hulle self jaag met my swaard. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal ook sy helpers en die mense wat hom bedien en die wagte wat hom oppas, saam met hom laat wegneem na die ver en vreemde land. Hulle sal in die oorloë doodgaan. |