Ezekiel 12:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal my net oor hom uitsprei, en hy sal in my vangnet gevang word; en Ek sal hom na Babel bring na die land van die Chaldeërs; nogtans sal hy dit nie sien nie, al sal hy daar sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal Ek my vangnet uitgooi en hom vang. Ek bring hom na Babilon, die land van die Babiloniërs. Maar hy sal sy land nooit sien nie, en hy sal daar doodgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring; maar hy sal dit nie sien nie, en daar sal hy sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Ek gooi my vangnet oor hom, hy sal gevang word in my net, en Ek sal hom na Babel, na Galdeërland toe bring, maar hy sal dit nie sien nie en sal daar sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal my vangnet oor hom uitsprei; hy sal in my jagnet gevang word, en Ek sal hom na Babel, na die land van die Galdeërs, neem. Maar daardie land sal hy nie sien nie, en daar sal hy sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal my vangnet oor hom gooi en Ek sal hom vang. Ek sal hom na Babel bring, na Galdeër-land. Hy sal daardie land nie sien nie, maar hy sal daar sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan hom vang soos wildvangers ’n verskrikte bok in hulle net vang. En dan sal Ek hom na Babilonië, ’n ver en vreemde land, wegvoer. Hy sal nie die vreemde land kan sien nie omdat sy oë uitgesteek sal wees, en hy sal in daardie vreemde land doodgaan. |