Ezekiel 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê: Ek is julle teken; soos Ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: hulle sal wegtrek en in ballingskap gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle: ‘Ek is vir julle ’n teken. Soos ek gedoen het, so sal met julle gedoen word.’ “Want hulle sal uit hulle huise verdryf word en in ballingskap weggestuur word.
Afrikaans 1933/1953 Sê: Ek is julle sinnebeeld; soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.
Afrikaans 1983 “Jy moet sê: ‘Ek is vir julle 'n teken. Soos ek gedoen het, so sal met julle gedoen word.’ “Hulle sal gevangenes word en in ballingskap weggevoer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sê, ‘Ek is vir julle 'n teken. Presies wat ek gedoen het, sal aan hulle gedoen word. In ballingskap, in gevangenskap, sal hulle gaan.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sê dat jy vir hulle 'n teken is. Die vyande sal dieselfde met hulle doen wat jy gedoen het. Hulle sal gevangenes word en hulle sal in 'n ander land moet gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verduidelik dan dat wat jy gedoen het, Esegiël, vir die volk wil wys wat baie binnekort met hulle gaan gebeur. Hulle gaan van hulle huise verdryf word. Hulle gaan deur hulle vyande as gevangenes na ’n vreemde land toe gevat word.