Ezekiel 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê jy vir hulle: So spreek die HERE HERE; Hierdie las het betrekking op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle is.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle: Dit is wat die oppermagtige Here sê: Wat jy gedoen het, is ’n boodskap vir die koning in Jerusalem en vir al die mense van Israel wat in die stad is.
Afrikaans 1933/1953 Sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Hierdie las sien op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.
Afrikaans 1983 Sê vir hulle: So sê die Here my God: Hierdie uitspraak gaan oor die koning in Jerusalem en oor al die Israeliete wat in die stad is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Hierdie uitspraak is van toepassing op die leiers in Jerusalem, en die hele huis van Israel in wie se midde hulle is.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir hulle sê dat Ek, die Here wat Here is, sê: Ek praat nou oor die koning in Jerusalem en oor die hele volk Israel wat in die stad is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sê nou vir hulle: Die Here, die God van Esegiël, sê dat wat Esegiël gedoen het, ’n boodskap vir koning Sedekia is wat in Jerusalem woon, en vir die mense van Israel wat saam met hom in die land van Israel woon.