Ezekiel 11:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle uit haar midde uitbring en julle in die hand van vreemdes oorgee en strafgerigte onder julle voltrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek dryf julle uit Jerusalem en gee julle oor aan vreemdelinge wat julle namens My sal straf.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.
Afrikaans 1983 “Ek sal julle uit die stad uithaal en julle in die mag van vreemdes oorgee en julle straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal julle uit die stad laat uitgaan en julle oorgee in die hand van vreemdes. Ek sal vonnisse oor julle voltrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal julle uit die stad uitgooi. Ek sal ander volke bring om oorlog te maak teen julle en Ek sal hulle laat wen. Ek sal julle straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal julle uit die stad Jerusalem uitjaag, en dan sal Ek julle aan vreemdelinge oorgee wat julle sal straf soos Ek wil hê dat julle oor julle slegte dade gestraf word.