Ezekiel 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Julle wat verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vlees, en hierdie stad is die ketel; maar Ek sal julle daaruit uitlei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom sê die oppermagtige Here nou: Hierdie stad ís ’n ysterpot. Maar die slagoffers van julle bose optrede is die stukke vleis daarin. En julle is hoegenaamd nie veilig nie, want Ek sleep julle binnekort uit die stad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar julle sal Ek daar uitbring. |
| Afrikaans 1983 | “Maar,” so sê die Here my God, “die vleis is die mense vir wie julle in die stad doodgemaak het, en die stad is die pot, en vir julle sal Ek daar uithaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê my Heer, die Here: “Julle gesneuweldes wat julle in die stad neergelê het, hulle is die vleis, en die stad is die pot. Maar julle gaan Ek uit die stad neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het dit gedoen, julle het die mense in die stad vermoor. Daarom is húlle die vleis, en die stad is die pot. Maar vir júlle sal Ek uit die stad uitgooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, sê die Here julle God nou vir julle, sál die stad wel soos ’n ysterpot word. Die mense wat onder julle slegte dade gely het, is soos stukke vleis wat in die ysterpot gegooi is. Maar julle sal glad nie veilig wees nie. Binnekort sleep Ek julle almal uit die stad uit. |