Ezekiel 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Gees van die HERE het op my geval en vir my gesê: Spreek; So sê die HERE; So het julle gesê, o huis van Israel, want Ek weet elkeen wat in julle gedagtes opkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees van die Here kom toe oor my en Hy beveel my om te sê: “Dit is wat die Here van die mense van Israel sê: Is dit wat julle sê? Ja, Ek weet dit is. Ek ken mos elke gedagte wat in julle gedagtewêreld opkom.
Afrikaans 1933/1953 Toe val die Gees van die HERE op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die HERE: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet k.
Afrikaans 1983 Die Gees van die Here het oor my gekom en vir my gesê: “Jy moet sê: So sê die Here: Julle het dit gesê, Israel, Ek ken die gedagtes wat by julle opkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe val die Gees van die Here op my en die Here sê vir my: “Jy moet sê, ‘So sê die Here: “Dit is wat julle dink, huis van Israel; Ek weet wat in julle gedagtes opkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe kom die Gees van die Here in my en Hy sê vir my: “Jy moet vir hulle sê dat die Here sê: Volk Israel, dit is wat julle gesê het. Ek weet wat julle dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here se Gees vir my gesê wat ek oor hierdie leiers moet sê: “Dit is wat die Here sê vir die volk Israel: Is dit wat julle vir die volk sê? Goed, Ek het dit gehoor. Ek ken in elk geval elke gedagte wat in julle opkom.