Ezekiel 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat sê: Dit is nie naby nie; laat ons huise bou: hierdie stad is die ketel, en ons is die vlees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê vir die mense: ‘Is dit nie ’n goeie tyd om huise te bou nie? Ons stad is soos ’n ysterpot. Daarbinne is jy so veilig soos vleis in die pot.’
Afrikaans 1933/1953 wat sê: Nie so gou kom die tyd om huise te bou nie: hierdie stad is die pot, en ons die vleis.
Afrikaans 1983 Hulle sê: ‘Dit is nie nou tyd om huise te bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hulle wat dink, dit is nie nodig om binnekort huise te herbou nie; die stad is 'n pot en ons is die vleis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê: ‘Ander mense moenie hier huise bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis wat in die pot moet wees, net ons.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is hulle wat vir die mense sê: ‘Is dit nie nou ’n goeie tyd om huise vir julle hier in die stad te bou nie? Ons stad is soos ’n sterk ysterpot. Binne-in hierdie sterk ysterpot sal ons veilig wees sodat geen ramp ons ooit sal tref nie.’