Ezekiel 11:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die gérubs hulle vlerke opgelig en die wiele langs hulle; en die heerlikheid van die God van Israel was bo oor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gerubs het toe hulle vlerke gelig en met die wiele langs hulle opgestyg. Die heerlikheid van die God van Israel het oor hulle gehang.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die g,rubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
Afrikaans 1983 Toe het die gerubs hulle vlerke gespan, en die wiele het saam met hulle beweeg. Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel was bokant die gerubs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het die gerubs hulle vlerke gelig, en die wiele was langs hulle. Die heerlikheid van die God van Israel was heel bo, oor hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gerubs het hulle vlerke opgetel, en die wiele was langs die gerubs. Die lig wat om die God van Israel is, was bokant die gerubs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die boodskappers onder die troon van die Here hulle vlerke gelig en in die lug opgestyg met die wiele wat langs hulle draai. En die Here het op sy troon bokant die boodskappers gesit.