Ezekiel 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle gruwels en hulle gruwels wandel, hulle weg sal Ek op hulle eie hoofde vergelde, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar dié wat na walglike dinge en verfoeilike beelde verlang, sal Ek straf vir hulle sondes, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop -- hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat die walglike, afskuwelike dinge bly doen, se dade sal op hulle eie kop afkom.” Dit het die Here my God gesê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat harte betref: Hulle wie se harte hulle verfoeilike afgode en hulle afstootlike dade bly volg – hulle optrede sal Ek op hulle eie koppe laat neerkom,” is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense wat aanhou om die slegte, lelike dinge te doen wat Ek haat, dit is vir húlle wat Ek sal straf oor wat hulle gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daardie mense wat aanhou slegte dinge doen en afgode aanbid, sal Ek vernietig. Hulle sal betaal vir al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het,” sê die Here, Esegiël se God. |