Ezekiel 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan onderhou en dit doen; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal hulle my opdragte en wette gehoorsaam. En hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.
Afrikaans 1983 Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat hulle my vaste voorskrifte sal volg en my beslissings sal nakom en uitvoer. Hulle sal vir My 'n volk wees en Ek sal vir hulle 'n God wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal hulle lewe soos Ek sê en hulle sal doen wat Ek wil hê. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal hulle luister na wat Ek vir hulle sê, en hulle sal dit ook doen. Hulle sal presies alles doen net soos Ek vir hulle beveel om te doen. Dan sal hulle my volk wees en Ek sal hulle God wees.