Ezekiel 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle een hart gee en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee.
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,
Afrikaans 1983 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vir hulle 'n onverdeelde hart gee. 'n Nuwe gees sal Ek in hulle binneste laat posvat. Ek sal die hart van klip uit hulle liggame verwyder, en Ek sal vir hulle 'n hart van vlees gee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir hulle 'n ander hart gee, en daar sal 'n nuwe gees in hulle wees. Ek sal die klip-harte uit hulle liggame wegvat en Ek sal vir hulle vleis-harte gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag sal Ek hulle harte skoon was en nuut maak. Hulle sal anders dink en anders lyk. Ek sal hulle hart wat nou van klip en yster gemaak is, wegvat en vir hulle ’n hart gee wat van vleis gemaak is sodat hulle My reg kan dien.