Ezekiel 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal daarheen kom en al sy gruwels en al sy gruwels daarvandaan wegneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En as hulle terugkom na hulle eie land, sal hulle al die walglike dinge en elke verfoeilike beeld verwyder. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal hierheen kom en al die walglike, afskuwelike goed uit die stad uit verwyder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal daarheen gaan, en hulle sal al die verfoeilike afgode en al die afstootlike dade in die land daaruit verwyder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal hulle hiernatoe kom en hulle sal al die slegte, lelike goed wat Ek haat, wegvat uit die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer die mense daardie dag terugkom na hulle eie vaderland toe, sal hulle elke spoor van afgode en van slegte dade uitvee. |