Ezekiel 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, sê: So spreek die HERE HERE; En Ek sal julle uit die volk bymekaarmaak en julle versamel uit die lande waarheen julle verstrooi is, en Ek sal julle die land Israel gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet sê: So sê die oppermagtige Here: Ek maak hierdie mense bymekaar tussen die nasies en versamel hulle uit die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. En Ek gee die land Israel vir hulle terug. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan julle dan ook nou bymekaarmaak tussen die ander nasies uit, julle versamel uit die ander lande waarheen Ek julle verstrooi het, en vir julle die land Israel teruggee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê daarom vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Ek sal julle bymekaarmaak tussen die volke; Ek sal julle byeenbring uit die lande waarin julle verstrooi is. Ek sal vir julle die land Israel gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek het julle na baie lande laat gaan, maar Ek sal julle bymekaarmaak uit daardie volke, Ek sal julle laat bymekaarkom uit al daardie lande. Ek sal weer die land Israel vir julle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê ook vir hierdie mense, Esegiël: Ek sal julle weer eendag bymekaarmaak en terugbring van al die lande af waarheen Ek julle weggejaag het. En Ek sal die land Israel daardie dag weer vir julle teruggee as julle eie land. |