Ezekiel 11:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, sê: So spreek die HERE HERE; Al het Ek hulle ver weggewerp onder die heidene, en al het Ek hulle onder die lande verstrooi, tog sal Ek vir hulle wees as 'n klein heiligdom in die lande waarheen hulle sal kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom moet jy sê: So sê die oppermagtige Here: Alhoewel Ek julle in ballingskap in al die lande van die wêreld verstrooi het, sal Ek in die tyd wat julle ballinge is, ’n heiligdom vir julle wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle 'n kort rukkie 'n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het -- |
| Afrikaans 1983 | Daarom moet jy sê: So sê die Here my God: Ek het hulle ver weg gevat na ander nasies toe en hulle oor ander lande verstrooi, maar in dié tyd het Ek self vir hulle 'n heiligdom gebly in die lande waarheen hulle is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê daarom, ‘So sê my Heer, die Here: “Alhoewel Ek hulle ver verwyder het tussen die nasies, en hulle verstrooi het in ander lande, het Ek vir 'n kort rukkie vir hulle 'n heiligdom geword in die lande waarheen hulle gegaan het.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek het hulle ver weggevat na die heidene toe en Ek het hulle oral in ander lande laat woon. Toe het Ek self vir hulle 'n bietjie soos 'n tempel geword in elke land waar hulle gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hulle so sê, moet jy vir die mense wat gevangenes in daardie vreemde land is, gaan vertel dat die Here, Esegiël se God, vir hulle sê: Ek het julle verstrooi sodat julle nou die hele wêreld vol is, ver van julle eie vaderland af. Maar onthou dit, Ek sal altyd daar wees vir julle, waar julle ook al is. Ek sal julle beskerm en oppas. |