Ezekiel 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, jou broers, ja, jou broers, die manne van jou familie en die hele huis van Israel in sy geheel, is hulle aan wie die inwoners van Jerusalem gesê het: Gaan weg van die HERE af, aan ons is hierdie land gegee in besit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, die mense wat in Jerusalem agtergebly het, jou eie mense, praat oor hulle familie wat in ballingskap is. Hulle sê: ‘Hulle is ver weg van die Here, en nou het Hy hulle grond vir ons gegee!’
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan ons is dit, die land, as besitting gegee --
Afrikaans 1983 “Mens, dit is van jou broers, jou familie en die hele Israel dat die inwoners van Jerusalem sê: ‘Hulle is ver van die Here af, en hierdie land is vir ons as besitting gegee.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, dit gaan oor jou volksgenote, jou broers, jou mense met die reg om grond terug te koop, ja, die hele huis van Israel, hulle almal vir wie die inwoners van Jerusalem nou sê, ‘Hulle is ver van die Here af. Aan ons is hierdie land gegee as eiendom.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, die mense wat in Jerusalem woon, praat van jou broers, van jou mense wat in Babel woon, en van die hele volk Israel. Hulle praat van almal en hulle sê: ‘Hulle almal is ver weg van die Here. Hy het hierdie land vir óns gegee, dit is nou ons land.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, die mense wat in Jerusalem oorgebly het, praat oor hulle familielede wat as gevangenes na ’n vreemde land weggeneem is. Hulle sê: ‘Hierdie familie van ons is ver van die Here af, daar waar hulle in ’n vreemde land bly. Daarom het die Here hulle land nou seker vir ons gegee!’