Ezekiel 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek geprofeteer het, het Pelatja, die seun van Benaja, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Ag, HERE HERE! sal jy 'n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek nog gepraat het, het Pelatja seun van Benaja skielik gesterf. Ek het toe met my gesig op die grond neergeval en uitgeroep: “O oppermagtige Here, gaan U almal in Israel doodmaak?”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl ek profeteer, het Pelatja, die seun van Ben ja, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, wil U 'n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?
Afrikaans 1983 Terwyl ek besig was om so as profeet op te tree, het Pelatja seun van Benaja gesterf. Ek het op my gesig geval en hard geroep: “Ag, Here my God, gaan U 'n einde maak aan wat van Israel oor is?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl ek profeteer, het Pelatja, seun van Benaja, gesterf. Ek het neergeval met my gesig teen die grond en met 'n harde stem uitgeroep: “Ag, Here, my Heer! Volslae vernietiging, dit is wat U doen aan dié wat oorgebly het van Israel! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl ek besig was om te sê wat die Here sê, het Pelatja seun van Benaja gesterf. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het hard geskree en gevra: “Ag, Here, U wat Here is, is U besig om almal van Israel wat nog lewe, te laat sterf?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ek nog praat, is Pelatja die seun van Benaja skielik dood. Toe val ek voor die Here neer en roep hard uit: “Here my God, moet U al die mense wat aan Israel behoort dan doodmaak?”