Ezekiel 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal weet dat Ek die HERE is, want julle het nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie voltrek nie, maar gehandel volgens die gewoontes van die nasies wat rondom julle is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dan sal julle weet dat Ek die Here is. Julle het mos geweier om aan My gehoorsaam te wees. Julle het eerder al die verkeerde dinge gedoen wat die nasies rondom julle gedoen het.”
Afrikaans 1933/1953 En julle sal weet dat Ek die HERE is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.
Afrikaans 1983 Dan sal julle besef dat Ek die Here is volgens wie se voorskrifte julle nie geleef het nie en wie se bepalings julle nie uitgevoer het nie. Maar julle het geleef volgens die gebruike van die nasies rondom julle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal besef dat Ek die Here is, wie se vaste voorskrifte julle nie gevolg het nie, en wie se beslissings julle nie uitgevoer het nie. Julle het eerder die beslissings van die nasies rondom julle uitgevoer.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal julle weet dat Ek die Here is. Julle het nie gelewe soos Ek gesê het nie en julle het nie gedoen wat Ek wou hê nie, julle het gedoen wat die heidene wou hê, die heidene wat rondom julle woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is. Want julle het mos geweier om na My te luister. In plaas van na My te luister het julle eerder al die slegte dinge gedoen wat die nasies rondom julle vir julle geleer het.”