Ezekiel 11:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gees het my opgehef en my gebring na die oostelike poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; onder wie ek Jaäsanja, die seun van Asur, en Pelatja, die seun van Benaja, owerstes van die volk gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees het my toe opgelig en na die oostelike ingang van die tempel van die Here gebring. Daar sien ek toe 25 leiers van die stad. Tussen hulle was Jaäsanja seun van Assur en Pelatja seun van Benaja. Hulle was leiers van die volk.
Afrikaans 1933/1953 En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsanja, die seun van Assur, en Pelatja, die seun van Ben ja, vorste van die volk.
Afrikaans 1983 Die Gees het my opgetel en my gebring na die oostelike poort van die huis van die Here, die poort wat oos kyk. Daar by die ingang van die poort was vyf en twintig man, en tussen hulle het ek vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja gesien, leiers van die volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Gees het my opgelig en my na die poort aan die oostekant van die huis van die Here, geneem, die poort wat oos front. In die ingang van die poort was daar vyf-en-twintig manne! Tussen hulle het ek die volksleiers Jaäsanja, seun van Assur, en Pelatja, seun van Benaja, gesien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees het my opgetel en gebring tot by die poort oos van die tempel, die poort wat by die oostekant is. Daar was 25 mans by die ingang van die poort. Ek het vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja tussen hulle gesien. Hulle was leiers van die volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Gees van die Here het my toe ook opgetel. Hy het my na die ingang van sy huis geneem, daar aan die oostekant. Daar sien ek toe 25 van die belangrikste leiers van Jerusalem. Onder die leiers was Jaäsanja die seun van Assur en Pelatja die seun van Benaja. Hulle almal is leiers onder my mense.