Ezekiel 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een gérub het sy hand tussen die gérubs uitgesteek na die vuur wat tussen die gérubs was, en hy het daarvan geneem en dit in die hande gegee van hom wat met linne bekleed was; hy het dit geneem en uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van die gerubs het sy hand uitgesteek en brandende kole gevat uit die vuur wat tussen hulle is. Hy sit toe die kole in die hande van die man met die linneklere. Die man het dit gevat en uitgegaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe steek die g,rub sy hand uit, tussen die g,rubs uit, na die vuur wat tussen die g,rubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; die het dit geneem en uitgegaan.
Afrikaans 1983 'n Gerub het sy hand daar tussen die gerubs uit na die vuur toe uitgesteek wat tussen die gerubs was, en kole gevat en dit gesit in die twee hande van die man met die linneklere aan. Die man het dit gevat en uitgekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Gerub het sy hand daar tussen die gerubs uitgesteek na die vuur wat tussen die gerubs was, dit opgetel en in die twee bak hande van die een geklee in linne geplaas. Hy het dit geneem en uitgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Gerub het sy hand uitgesteek na die vuur tussen die gerubs en hy het kole geneem en dit in die hande van die man met die linne-klere gesit. Die man het dit geneem en uitgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het een van die boodskappers sy hand uitgesteek en van die kole uit die vuur gevat wat tussen die wesens brand en wat natuurlik ook vuurwarm was. Die wese het die kole in die hand gesit van die man wat in die huis van die Here diens doen. Die man het toe die kole gevat en uitgegaan.