Ezekiel 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur dat hy bevel gegee het aan die man wat met linne bekleed was, en gesê het: Neem vuur tussen die wiele, tussen die gérubs; toe gaan hy in en gaan staan by die wiele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê toe vir die man met die linneklere: “Gaan tussen die gerubs in en vat van die brandende kole tussen die wiele.” Die man het ingegaan en langs een van die wiele gaan staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die g,rubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan. |
| Afrikaans 1983 | Toe Hy die man met die linneklere beveel: “Gaan vat vuur tussen die wiele, tussen die gerubs,” het hy langs 'n wiel gaan staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Here die man geklee in linne die opdrag gee, “Neem vuur daar tussen die wiele, tussen die gerubs,” het hy ingegaan en langs 'n wiel gaan staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir die man met die linne-klere gesê hy moet vuur gaan haal tussen die wiele tussen die gerubs. Die man het gegaan en hy het langs 'n wiel gaan staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe vir die man wat in sy huis diens doen: “Gaan nou tussen die wesens in en vat weer van die gloeiende kole wat tussen die wiele onder die wesens is.” Die man het toe ingegaan tussen die wiele en langs een van die wiele gaan staan. |