Ezekiel 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die geluid van die gérubs se vlerke is gehoor tot by die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God wanneer Hy spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vlerke van die gerubs wat beweeg het, het soos die stem van God die Almagtige geklink. Dit kon duidelik in die buitenste voorhof gehoor word.
Afrikaans 1933/1953 En die geruis van die g,rubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.
Afrikaans 1983 Die geruis van die gerubs se vlerke kon tot in die buitenste voorhof gehoor word. Dit was soos die gedruis wanneer die almagtige God praat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geluid van die gerubs se vlerke kon tot in die buitenste voorhof gehoor word. Dit was soos die stem van God, die Almagtige, wanneer Hy praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kon die vlerke van die gerubs hoor raas in die buitenste oop stuk grond. Dit was soos wanneer die Almagtige God praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vlerke van die wesens wat beweeg het, het ’n oorverdowende geraas gemaak wat soos die stem van die Here geklink het. ’n Mens kon die geraas tot buite die huis van die Here hoor.