Ezekiel 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgegaan en oor die drumpel van die huis gaan staan; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die heerlikheid van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die heerlikheid van die Here opgestyg van bokant die gerubs en na die drumpel van die tempel gegaan. Die tempel was gevul met hier-die wolk van heerlikheid, en die tempel het blink geskyn van die heerlikheid van die Here.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die heerlikheid van die HERE van die g,rub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.
Afrikaans 1983 Die magtige teenwoordigheid van die Here het van bo die gerubs af opgestyg en bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die magtige teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die heerlikheid van die Here het van bo die gerub opgestyg en oor die drumpel van die tempel gegaan. Die tempel was gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die helder gloed van die heerlikheid van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die lig wat om die Here is, het opgegaan van die gerub en dit het bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel was vol van die wolk, en die oop stuk grond was vol van die blink lig wat om die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die teenwoordigheid van die Here opgestyg bokant die vier wesens. Die Here het na die deur van sy huis toe gegaan. Die hele huis was vol van die Here se krag. Selfs buitekant die huis van die Here het dit geblink toe die Here daar verskyn het.