Ezekiel 10:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gelykenis van hulle aangesigte was dieselfde gesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulleself: hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle gesigte het ook net soos die gesigte gelyk van die wesens wat ek langs die Kebar gesien het, en hulle het reguit vorentoe beweeg, net soos die ander gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.
Afrikaans 1983 Hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het. Elke wese het reg vooruit beweeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat die vorm van hulle gesigte betref: Dit was die gesigte wat ek langs die Kebarrivier gesien het – dieselfde voorkoms, ja, dit was hulle. Elkeen het reguit vorentoe beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebar-kanaal gesien het. Elke gerub het reguit vorentoe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie boodskappers se gesigte het ook nes die gesigte gelyk van die wesens wat ek langs die Kebarrivier gesien het. En hulle het ook so reguit vorentoe beweeg, nes die wesens by die Kebarrivier.