Ezekiel 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die lewende wese wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebarrivier; en ek het geweet dat dit die gérubs was.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was dieselfde lewende wesens wat ek onder die God van Israel gesien het toe ek langs die Kebarrivier was. Ek het geweet hulle is gerubs,
Afrikaans 1933/1953 Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit g,rubs was.
Afrikaans 1983 Dit was dieselfde wesens as wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebarrivier, en ek het besef dit is gerubs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die wesens wat ek by die Kebarrivier gesien het onder die God van Israel. Ek het besef dat dit gerubs is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die diere wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebar-kanaal. Ek het geweet hulle is gerubs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was dieselfde boodskappers wat ek onder die God van Israel se troon gesien het toe ek die Here vroeër by die Kebarrivier gesien het. Ek het geweet hulle is boodskappers,