Ezekiel 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het met die man wat met linne bekleed was, gespreek en gesê: Gaan in tussen die wiele, onder die gérub, en vul jou hand met vuurkole tussen die gérubs en strooi hulle oor die stad. En hy het voor my oë ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die Here vir die man met klere van linne: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs en vat ’n hand vol van die gloeiende kole tussen die gerubs. Gaan strooi dit oor die stad!” Hy het toe so gemaak terwyl ek toekyk.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die g,rub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die g,rubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.
Afrikaans 1983 Die Here het vir die man in linneklere gesê: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs, maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol kole en strooi dit oor die stad.” Die man het gegaan terwyl ek kyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe praat die Here met die man geklee in linne. Hy het gesê: “Gaan tussen die wiele in, onder die gerubs, en maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol gloeiende kole vuur, en strooi dit oor die stad uit. ” Hy het voor my oë daar ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir die man met die linne-klere gesê: “Jy moet tussen die wiele ingaan wat onder die gerubs is en jy moet jou twee hande vol warm kole maak. Dan moet jy die kole oor die stad gooi.” Ek het gesien die man gaan en hy doen dit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here vir die man wat in sy huis diens gedoen het: “Stap tussen die wiele in wat onder die wesens draai en vat daar ’n hele hand vol van die gloeiende kole. Jy moet hierdie kole oor die stad Jerusalem uitstrooi.” Die man het dit toe gedoen terwyl ek hom dophou.