Ezekiel 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gérubs het hul vlerke opgehef en voor my oë van die aarde af opgestyg; en die heerlikheid van die God van Israel was bo oor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek gekyk het, het die gerubs met hulle wiele na die oostelike ingang van die Here se tempel gevlieg. En die heerlikheid van die God van Israel het oor hulle gehang.
Afrikaans 1933/1953 En die g,rubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
Afrikaans 1983 Die gerubs het hulle vlerke gespan en voor my oë van die grond af opgestyg. Toe hulle beweeg, is die wiele saam met hulle. Die gerubs het by die ingang van die oostelike poort van die huis van die Here gaan staan, en die magtige teenwoordigheid van die God van Israel was bokant hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gerubs het hulle vlerke gelig en voor my oë van die grond af opgestyg, met die wiele steeds langs hulle terwyl hulle opstyg. Hulle het tot stilstand gekom by die ingang van die poort aan die oostekant van die huis van die Here, en die heerlikheid van die God van Israel was bo hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien hoe die gerubs hulle vlerke optel en in die lug opgaan. Toe hulle gegaan het, het die wiele saam met hulle gegaan. Hulle het gaan staan by die ingang van die poort oos van die tempel, en die lig wat om die Koning, die God van Israel, is, was bokant hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ek nog kyk, het die boodskappers met hulle wiele na die oostelike hek van die huis van die Here toe gevlieg. Die Here het bokant die boodskappers gesit.