Ezekiel 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die gérubs getrek het, het die wiele langs hulle gegaan; en as die gérubs hulle vlerke opgelig het om van die aarde af op te klim, het dieselfde wiele ook nie van langs hulle af gedraai nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele saam beweeg. Wanneer hulle in die lug opgestyg het, het die wiele langs hulle gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die g,rubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die g,rubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele saam beweeg langs hulle, en wanneer die gerubs hulle vlerke gespan het om van die grond af op te styg, het die wiele nie van koers verander nie en langs hulle gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die gerubs hulle vlerke gelig het om van die grond af op te styg, het ook hulle, die wiele langs hulle, nie weggedraai nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die gerubs beweeg het, dan het die wiele langs hulle ook beweeg. Wanneer die gerubs met hulle vlerke in die lug opgegaan het, dan het die wiele nie weggedraai nie. Hulle het langs die gerubs gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl die wesens beweeg, het die wiele saam met hulle beweeg. En wanneer die wesens in die lug beweeg het, het die wiele langs hulle gebly en saam met hulle beweeg soos hulle gevlieg het. |