Ezekiel 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen het vier gesigte gehad: die eerste aangesig was die gesig van 'n gérub, en die tweede gesig was die gesig van 'n mens, en die derde die gesig van 'n leeu en die vierde die gesig van 'n arend.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen van die vier gerubs het vier gesigte gehad. Die eerste was die gesig van ’n bees. Die tweede was die gesig van ’n mens. Die derde was die gesig van ’n leeu. En die vierde was die gesig van ’n arend.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n g,rub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend.
Afrikaans 1983 Elke gerub het vier gesigte gehad: die eerste was dié van 'n gerub, die tweede dié van 'n mens, die derde dié van 'n leeu, die vierde dié van 'n arend.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke gerub het vier gesigte gehad: Die eerste gesig was dié van 'n gerub, die tweede gesig dié van 'n mens, die derde die gesig van 'n leeu, en die vierde die gesig van 'n arend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke gerub het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van 'n gerub, die tweede gesig was die gesig van 'n mens, die derde gesig was die gesig van 'n leeu en die vierde was die gesig van 'n arend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen van die vier boodskappers het vier gesigte: die eerste was dié van ’n bees, die tweede was ’n menslike gesig. Die derde gesig was dié van ’n leeu en die vierde dié van ’n arend.