Ezekiel 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle hele liggaam en hulle rug en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was rondom vol oë, ja, die wiele wat hulle vier gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gerubs en die wiele was vol oë. Die gerubs het oë oor hulle hele lywe gehad, en ook op hulle hande en hulle rûe en hulle vlerke. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle. |
| Afrikaans 1983 | Die gerubs se lywe, hulle rûe, hulle hande en vlerke en al vier wiele was rondom vol oë. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle hele liggaam, hulle rûe, hulle hande en vlerke, asook die wiele – al vier se wiele – was rondom vol oë. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke gerub se lyf was rondom vol oë, ook sy rug, sy hande en sy vlerke, en ook die vier wiele. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die wesens en ook die wiele was vol oë. Die wesens het oë reg oor hulle lywe gehad, en ook oor hulle hande en rûe en vlerke. |