Ezekiel 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle gegaan het, het hulle op hulle vier kante geloop; hulle het nie gedraai terwyl hulle gegaan het nie, maar na die plek waarheen die hoof gekyk het, het hulle dit gevolg; hulle het nie omgedraai terwyl hulle gegaan het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gerubs kon beweeg in die rigting van enige van die vier kante, sonder om van koers te verander as hulle beweeg; in die rigting waarheen die voorste gedraai was, het die ander gevolg, en hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.
Afrikaans 1933/1953 as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
Afrikaans 1983 Hulle kon beweeg in die rigting van enige van hulle vier kante, sonder om van koers te verander as hulle beweeg; in die rigting waarheen die voorste gedraai was, het die ander gevolg, en hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle beweeg het, kon hulle na enige van die vier kante beweeg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg. Want die plek waarheen die voorste wiel gewys het, daarheen het die ander hom gevolg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wiele kon na enige kant beweeg. Die wiele het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie, want die wiele het almal gegaan waar die voorste wiel gegaan het. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wiele het gemaak dat die wesens in enige van die vier windrigtings kon beweeg wat hulle wou, sonder om om te draai as hulle beweeg. Hulle kon reguit in die rigting gaan wat hulle koppe gewys het sonder om ooit na dié kant toe te draai.