Ezekiel 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek gekyk, en kyk, in die uitspansel wat bo die kop van die gérubs was, het daar oor hulle verskyn soos 'n saffiersteen, soos die voorkoms van die gelykenis van 'n troon.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek nog kyk, sien ek iets wat lyk soos ’n troon van blou saffier en wat bokant die kristalkoepel verskyn. Dit was bokant die koppe van die gerubs.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het ek gekyk -- en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die g,rubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
Afrikaans 1983 Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van 'n troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek kyk, is daar bo die koepel wat oor die gerubs se koppe was, iets soos •lasuursteen in die vorm van 'n troon! Dit was sigbaar bo die gerubs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gekyk en toe sien ek iets soos saffierklip bokant die hemeldak wat oor die koppe van die gerubs was. Ek het bokant die gerubs iets gesien wat soos 'n troon lyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ek nog so kyk, val my oog op die horison bokant die koppe van die wesens. Maar teen die horison was daar iets wat soos die sitplek van ’n koning gelyk het; dit was van die helderste blou kleur waaraan ’n mens kan dink.