Ezekiel 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle voete was reguit voete; en hulle voetsool was soos die voetsool van 'n kalf, en hulle het geskitter soos die kleur van blink koper.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle bene was reguit soos ’n mens s’n, maar hulle voete het gelyk soos ’n kalf s’n, en dit het geblink soos brons wat opgevryf is.
Afrikaans 1933/1953 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van 'n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper;
Afrikaans 1983 Hulle bene was reguit en hulle voete was soos beeskloue en het geblink soos koper wat opgevryf is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle bene was reguit; hulle hoewe was soos kalfshoewe en het soos gepoleerde brons geskitter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle bene was reguit en hulle voete was soos brons wat iemand blink gevryf het. Hulle voete het gelyk soos 'n bees se pote.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle bene was so reguit soos ’n mens se bene, maar hulle het nie voete soos ’n mens nie. Hulle voete was kloue soos dié van beeste. Die voete dui op hulle krag: hulle is so sterk soos beeste. Hulle bene het geblink soos geelkoper wat blink gevryf is. Die glans herinner aan dié van weerlig. Behalwe vier gesigte en vier vlerke het elke wese ook vier hande gehad.