Exodus 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Farao het gestuur, en kyk, daar was nie een van die vee van die Israeliete dood nie. En die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het mense gestuur om te kom kyk of dit so is. Selfs nadat hy gehoor het dat dit wel so is, het hy hardkoppig gebly. Hy het volgehou om te weier dat die volk kon gaan.
Afrikaans 1933/1953 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
Afrikaans 1983 Die farao het navraag gedoen en jou werklik waar, nie 'n enkele stuk van die Israeliete se vee is dood nie. Tog was die farao steeds onversetlik: hy het die volk nie laat gaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het mense gestuur, en sowaar, van die vee van Israel was nie eers een dood nie. Maar die hart van die farao was onversetlik, en hy het die volk nie laat gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het mense gestuur om te gaan kyk. Hulle het gesien dat nie een van die Israeliete se diere gevrek het nie. Maar die farao het hardkoppig gebly. Hy het nie die Israeliete laat gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het ook mense gestuur om te kyk of dit regtig so is dat daar niks by die Israeliete gevrek het nie. Alhoewel hulle vir hom kom sê het dat dit werklik so is, het hy weer viervoet vasgesteek en bly weier om die volk te laat gaan.