Exodus 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het daardie ding die volgende dag gedoen, en al die vee van Egipte het gevrek; maar van die vee van die kinders van Israel het nie een gesterf nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die volgende oggend af het die Here dit laat gebeur. Al die vee van Egipte het begin doodgaan. By die Israeliete is daar egter nie een dood nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende dag doen Hy dit toe ook, en al die vee van Egipte is dood, maar van die vee van die Israeliete is daar nie een dood nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het dit toe die volgende dag gedoen. Al die vee van die Egiptenare het gevrek, maar van die vee van die Israeliete het daar nie een gevrek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het dit die volgende dag laat gebeur. Al die Egiptenaars se diere het gevrek, maar nie een van die Israeliete se diere het gevrek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het dan ook die volgende dag laat gebeur wat Hy gesê het. Al die vee van die Egiptenaars het siek geword en begin vrek. Onder die Israeliete se vee is daar egter nie ’n enkele een dood nie. |