Exodus 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal tussen die vee van Israel en die vee van Egipte skei, en niks sal vrek van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal weer onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van Egipte. Nie een van Israel se vee sal vrek nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en dié van Egipte: daar sal nie 'n enkele stuk vee van die Israeliete vrek nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Here sal onderskeid tref tussen die vee van Israel en die vee van Egipte, sodat niks van alles wat aan die Israeliete behoort, sal doodgaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal nie dieselfde doen met die Israeliete se diere nie. Nie een van hulle diere sal vrek nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal ook anders maak met die vee van die Israeliete as met die vee van die Egiptenaars. Nie een van hulle diere sal vrek van die siekte nie. |