Exodus 9:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hart van Farao was verhard, en hy het die kinders van Israel nie laat trek nie; soos die HERE deur Moses gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het botweg geweier om die Israeliete te laat gaan. Dit was net soos die Here gesê het dit sal gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.
Afrikaans 1983 Die farao het koppig gebly en die Israeliete nie laat gaan nie, soos die Here vooraf deur Moses gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao se hart was verhard en hy het nie die Israeliete laat gaan nie, soos die Here gesê het by monde van Moses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao was hardkoppig. Hy het nie die Israeliete laat gaan nie. Dit het gebeur soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos die Here tevore gesê het dit sou gebeur, het die farao steeds eiesinnig gebly en bly weier dat die Israeliete kan gaan.