Exodus 9:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Farao sien dat die reën en die hael en die donderslae opgehou het, het hy nog meer gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die farao sien dat die weerlig ophou en die storm bedaar, het hy en sy amptenare maar weer begin oortree en geweier om te doen wat hulle belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars. |
| Afrikaans 1983 | Toe die farao sien die reën, hael en donderslae hou op, het hy maar weer verkeerd gedoen. Hy en sy amptenare was onversetlik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die farao sien dat die reën en die hael en die donderslae ophou, het hy weer gesondig. Hy was onversetlik, hy en sy amptenare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die farao sien dat die reën en die hael en die donderweer opgehou het, het hy weer verkeerd gedoen. Hy het nie geluister nie, hy en sy amptenare saam met hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die farao sien dat die storm oor is, het hy maar net voortgegaan met sy sonde. Hy en sy amptenare het aanhou weier. |