Exodus 9:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Moses van Farao uit die stad uitgegaan en sy hande na die HERE uitgebrei, en die donderslae en die hael het opgehou, en die reën het nie op die aarde uitgegooi nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses is toe van die farao af weg en uit die stad uit. Toe hy sy hande opsteek en begin bid, het die weerlig opgehou slaan. Die hael en reën het opgehou val. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie. |
| Afrikaans 1983 | Moses is van die farao af weg uit die stad uit, en hy het sy hande in gebed na die Here uitgesteek. Die donderslae en die hael het opgehou en die stortbuie het bedaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het van die farao af uit die stad gegaan en sy hande na die Here uitgestrek. Die donderslae en hael het opgehou en die reën het nie meer op die aarde neergegiet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het weggegaan van die farao. Hy het uit die stad gegaan en hy het sy hande na die Here toe opgesteek en gebid. Die donderweer en die hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde geval nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses is toe van die farao af weg. Hy het net buite die stad tot die Here gebid. Die donderstorm en hael het opgehou en dit het ophou reën. |