Exodus 9:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar, en die vlas was bol.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vlas- en garsoes was daarmee heen. Die gars was op daardie stadium vol in die aar en die vlas het begin knoppe maak.
Afrikaans 1933/1953 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
Afrikaans 1983 Die vlas- en die garsoes is vernietig omdat die gars in die aar en die vlas in die knop was,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vlas en die gars was weggeslaan, omdat die gars reeds in die aar was, en die vlas in die knopstadium.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie meer vlas en gars oor ná die hael nie. Die gars was amper ryp, en die vlas het al klaar knoppe gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele vlas- en garsoes is weggeslaan. Die gars was al in die aar en die vlas het net mooi begin uitstoot.